NUUS
Wie is Hannes Barnard?
Gebore in die Vrystaat, getoë in Kwazulu-Natal. ’n Oudleerling van Dannhauser Primêr en Hoërskool Dundee. Beide die Universiteit van Pretoria en University of Salford is sy Alma Maters. Lief vir toer, lief om nuwe kos te probeer, en tot sy groot verbasing: lief vir Johannesburg.
Gelukkig getroud, gelukkig om te kan skryf. Gelukkig punt.
Wat word oor Hannes Barnard se skryfwerk gesê?
L. Esterhuizen sê die volgende oor Halley se komeet:
“Uiteindelik is ek as leser totaal oorrompel deur die krag van hierdie verhaal. Volgens my is dit nie net ʼn belangrike teks nie, maar een wat weens die eerlikheid en tematiese reikwydte daarvan ʼn beduidende bydrae lewer tot die genre.”
Resensie in Beeld:
Jonathan Amid se resensie in Beeld.pdf | |
File Size: | 517 kb |
File Type: |
Leana Lategan, hoofvakkundige van NALN, se resensie van Halley se komeet:
Leana Lategan NALN Resensie.pdf | |
File Size: | 113 kb |
File Type: |
T. Gordon: "Ek wou nie hê dit moes eindig nie ..."
Anne-Marie Taylor se lesersindruk:
Wanneer iemand my eendag vra watter boeke wat jy gelees het, staan vir jou uit, is daar ‘n hele paar. Van nou af sal ‘Halley se Komeet’ deel wees van daardie onthou, baie naby aan bo-aan die lys.
Daar is al heelwat geskryf oor hierdie boek, maar niks wat ek daaroor gelees het, kon my voorberei vir die impak wat die boek op my gemaak het nie. Die beskrywing van waaroor die boek gaan, gee nie naastenby weer hoe diep die boek sny nie. Tot op die been.
Die boek speel af in 1986 in die klein dorpie Dannhauser in Natal. Pete de Lange is 16 jaar oud en ‘n tipiese tiener wat alles begin bevraagteken. Op ‘n dag gaan draf Pete op ‘n plek waar hy uitdruklik verbied is om te draf en dit verander sy hele lewe en uitkyk op sekere dinge in ‘n reeds polities verdeelde land.
Pete en ‘n swart seun, Petrus, verhoed ‘n misdaad en dit plaas hulle in die visier van ‘n wrede, siek persoon, met verskeie ander gevolge, wat uiteindelik Pete se hele lewe verander. Maar nie net sy lewe nie, ook Petrus en Sarita, ‘n Indiërmeisie, s’n en ‘n hele paar ander mense op die dorp ook. Pete leer dat mens soms alleen staan omdat jy opstaan vir iets wat ander mense net hulself blind voor hou, omdat dit makliker is.
Ek was mal oor Pete se ouers – dis ouers waarvoor enige kind maar net kan hoop. Ek wens ek kon weet waarheen Pete se grootmens lewe hom sal neem.
‘Halley se Komeet’ het my laat lag, my woedend gemaak en uiteindelik snot en trane laat huil. Dis ‘n boek wat ek in papierformaat ook gaan koop en vir my kleinkind bêre – sodat ons nooit vergeet nie.
‘Halley se Komeet’ is ‘n GROOTSE boek – ek dink dis Wênkbrou se grootste een tot dusver. Dis nie ‘n tienerboek nie – dis ‘n almal-moet-lees-boek.

Nadine Patrick sê die volgende oor Wolk:
Kyk, ek was net so 'n groot fan van "Uit Juffrou se Dagboek" (en enigiets wat Sita geskryf het) soos enige ander opgeskote meisiekind in die 80's, maar waar was boeke soos dié in my prille jeug?Tieners van vandag weet waarskynlik nie hoe gelukkig hulle is met die ruim aanbod van goeie YA-boeke in Afrikaans nie. Dis modern, dis in pas met die tydsgees, die karakters is real en die stories is enige tyd on par met als wat John Greene of Stephen Chbosky neerpen.
"Wolk" deur Hannes Barnard is een van my gunstelingboeke die jaar. Hy volg sy skitterende debuut, "Halley se komeet", op met 'n boek wat sonder twyfel enige tiener aan die lees sal kry.
Twee vriende, Xandr en Rufus (Ruth), onderneem 'n epiese avontuur na 'n afgeleë plek in die Oos-Vrystaat. Om afskeid te neem van mekaar, maar ook van hulle jeug. Wanneer hulle weer die pad huis toe wil aandurf, besef hulle dat die wêreld onder hulle neuse vir altyd verander het. Gaan hulle ooit weer hulle vriende en familie sien? Ons weet nie. Hulle ook nie.
Hannes Barnard kry dit reg om 'n polsende, sidderende spanningsdraad reg deur die storie te weef. Van oomblik een af voel jy die dreigende drama aan. Dit lê op loer, soos 'n donker wolk op die horison. En hy wág vir jou.
Web Hosting by iPage